30 April 2013. ´n Maand gelede het ons in San Sebastian geslaap. Dit was my 60ste verjaarsdag. Intussen het ons oor die 700 km afgele en die einde is in sig. Ons beplan om die 1ste Mei in Santiago aan te kom. Dit is ons eindpunt ... die eindpunt waar pelgrims op die verskillende roetes bymekaarkom.
Die foto´s gee ´n idee van die ongelooflike natuur en ander indrukke wat ons belewe het.
Ons slaap in hierdie klooster by Premono.
Terwyl ons middagete langs die pad eet, moet ons ou wasgoedjies maar aan die boer se drade wapper om droog te word!
Hierdie dag stap ons langs kristalhelder water oor klippe ...
en langs klipperige hange
hierdie kontraste ... alles in een dag.
No comments:
Post a Comment