Rustige, landelike omgewing ... selfs die skape het geen stres nie. Die stap laat mens stil word. Verval in 'n mediterende modus. Die een na die ander gehuggie kom en gaan.
Ons stap deur plaashekke ...
ontmoet vriendelike hondjies langs die pad.
Bonus toe ons 'n orrel hoor speel by 'n ou katedraal na Bolivero. Gaan in en belewe 'n ritueel met priesters en 'n enkele vroutjie in die kerkbanke.
Ons pragtige Spaanse Campers sal nooit weer dieselfde wees nie ...
Van die min sonopkomste wat ons tot nou belewe het. Reen gewoonlik. Oppad na Bilbao ... begin weliswaar later drup.
Moeg ... soek vir herberg. Ons tradisionele lafenis ... Don Simon ... op die trap van die plaaslike katedraal.
Pragtige katedraal in Bilbao.
Lieflike middagrusplek vanaf Portugalete ...
... na Castro Urdiales. Hierdie Middeleeuse vuurtoring is 'n bekende baken in hierdie mooi ou stad.
No comments:
Post a Comment