Saturday, April 13, 2013

Saterdag, 11 April 2013 ... tred met die tyd verloor

Gistermiddag toe Maria ´n telefoonoproep vanuit die ´buitewereld´ontvang, besef ons dit is Vrydag die 10de en nie Sondag die 12de nie!  Of dit goed of sleg is om so totaal uit sinc met die werklikheid te lewe ... weet ek nog nie.  Dit is in elk geval ´n vreugde om nie heeltyd die horlosie of almanak dop te hou nie!  Ons het gister ingeboek by ´n lieflike klein hotelletjie in Santillana del Mar.  As pelgrims kry ons 50% afslag.  Wat ´n plesier om ´n heerlike warm bad en kamer te gebruik wat jy met niemand anders hoef te deel nie!
Ons het ons seer bene nou 2 dae laat rus ... en voel positief dat dit in orde is om weer te begin stap.


Hierdei pragtige ou hondjie het lustig saamgekrap toe ek haar vrywe.  Die Spanjaarde is mal oor hulle honde en daar is byna net soveel honde as mense in die strate.  Die diere is goedversorg en aan leibande.  Wat ´n vreugde!

Hierdie Camino-skulp kry ons oral op ons roete.  Daar is die mooiste teeltjies teen sommige mure met die koningsblou en kanariegeel ontwerp.


Albei stappers ... oggendskaduwees.  Gereed om in die pad te val.


Omdat ons ´n ekstra dag in die albergue in Santander deurgebring het, het Maria besluit sy gaan hierdie Spanjaarde bietjie wys wat ´skoon´beteken.  Volgens hulle was dit clean enough!


Mooiste landskappe ... sagte kleure.  Die nuwe lenteblare en botsels oral te siene.
Hier onder eet ons middagete.  Vir ´n slag die kamera gestel sodat ons albei kan in ´n foto wees.  Wat ´n uitsig om by te eet!


1 comment:

  1. Fantastiese foto's...wat 'n avontuur! Ons is mal oor julle blog. Liefde, Elsje en Russell

    ReplyDelete