Van nou af sal ons waarskynlik nie gou weer by internet uitkom nie.
Dit is ´n plesier om deur die foto´s te werk - nou dat ons redelik die vorige werk uitsorteer het.
Dis soos dit lyk as ek in Oviedo in ´n internetkafee werk aan ons blog.
Indrukwekkende katedraal ... steeds in Oviedo.
Kry hierdie pragtige beeld van die moeder wat haar kind laat drink toe ons by Oviedo uitstap.
Ons stap uit Oviedo ... die nag tegemoet. Kry nerens langs die pad slaapplek nie. Moet stap tot by Vega de Anzo ... ´n klein hotel wat ons warm ontvang en heerlike kos gee.
Langs die pad ons vriendelike hondemaatjies wat soek vir ore-krap.
Kry hierdie uitnodiging in hout langs die pad ... nooi pelegrino´s uit om die spyskaart van die dag te kom eet by Salas.
Hierdie perd met ´n houding het ons ´toegelaat´om hom grassies te gee.
Hierdie kaart langs die pad wys hoe die roete lyk wat ons vanaf Tineo na Pola de Allande moet stap. ´n ´Brutal route´volgens die internet ... in die berge. Ons sien met vrees en bewing uit!
Ek is bevrees hierdie lieflike, groot ou hond is nie ´n goeie waghond nie. Hy is vasgeketting en veronderstel om sy baas se eiendom op te pas. Aai!
Ons belewe ´n kaasfees in Salas. Proe aan alles!
No comments:
Post a Comment