Saturday, April 6, 2013

Van San Sebastian tot Bilbao - tweede poging?

Bilbao ... en ek het heeltemal tred met die tyd verloor. Dink dit is Saterdag ... 6 April?  Ons stap al 7 dae.  Die klein gehuggies en interessante huise kom en gaan.  Heuwel op en af.  Hier teen vyfuur, sesuur in die aande soek ons slaapplek.  Stap tussen 20 en 25 km per dag.  Gister was ´n uitsondering ... het net elf km gestap tot by hierdie pragtige groot, ou stad.  Van die heuwel af het ons afgekyk op die geboue tussen sneeubedekte berge.  Toe ons neerdaal (met knakkende kniee teen die steiltes) beland ons egter in die mooiste stegies met sluitsteentjies waar motors nie beweeg nie ... net voetgangers.  Ou geboue ... die mooiste katedrale - waar die deure ongelukkig gesluit is!  Die Albergue is vol - maar ons herontmoet ´n mede-stapper van San Sebastian wat ons na die lieflikste hostel neem.  Ons boek in.  As pelgrims kry ons 10% afslag!
Ek sukkel steeds om die tegnologie heeltemal onder die knie te kry.  Wil probeer om foto´s op die blog te sit.  Die pyne seker maar deel van die avontuur om in ´n vreemde land met ´n vreemde taal en kultuur te funksioneer.

Hierdie foto´s wys ´n paar ... uitdagings wat ons moes oorkom!


Baie mooi ... maar BAIE nat!




No comments:

Post a Comment