Saturday, May 4, 2013

Santiago ... ons het dit gemaak

Ons stap op Woensdag, die 1ste Mei 2013 vanaf die mooi klein dorpie, O Pedrouzo, na Santiago.  Die laaste 19 kilometer van ´n reis van oor die 800 km!  Dit is ´n grys dag en dit misreen nou en dan.  Maar ons stap gemaklik - ons spiere ingestap en gewoond aan die fisiese inspanning.
Wanneer ons nader aan Santiago kom, sien ons nou en dan kilometerlesings:  Santiago - 11 km.  Groot vliegtuie styg bo-oor ons koppe op vanaf Santiago Lughawe.  Ons stap die stad binne.  Stap nog lank voor ons die beroemde Santiago Katedraal sien.
Die reis is verby.  Ons het 32 dae aan ons Camino gestap.  Ons weet dat die reis belangriker is as die eindbestemming ... ons sal nog lank dink en praat oor alles wat ons belewe het.


No comments:

Post a Comment