Spaanse rekenaars praat net Spaans! Al my dae om my blog op te dateer. Kry uiteindelik ´n vriendelike Spaanse heer wat my deur die proses neem om te kan praat met my geliefdes. Ongelooflike drie dae agter die rug. Begin met my reis vanaf Windhoek tot by Oliver Tambo. Ontmoet my stapmaat van 36 jaar daar. Maria ... wat bereid is om hierdie reuse=ding saam met my te doen. Ons vlieg na Madrid oor De Gaule ... kry ´n bus na San Sebastian en ´n huurmotor na ons hotel. Ons boek in = verken die omgewing en begin stap (in die reen) op soek na ´n restaurant. Eet aandete. Terug na ons hotel: Monte Puntas. Volgende oggend vol moed op soek na ´n Albergue (soort herberg) waar ons die Credencial del Peregrino kan kry om as pelgrims die Camino te begin soek.
Ons eindig ure later aan die anderkant van San Sebastian by ´n Albergue. Dit is te laat om verder te stap en ons besluit om maar oor te slaap.
Dit is my 60ste verjaarsdag en ons gaan eet in ´n naburige restaurant ... heerlike seekosgeregte. Lekker Spaanse rooiwyn. Alles is ´n avontuur. Ons het ure gestap maar nog nie ´n tree uit San Sebastian beweeg nie. Maar ... ons is baie gereed om te begin.
Slaap in ´n slaapsaal ... aanvanklik alleen ... maar geleidelik (tot 3 uur die oggend) daag stappers op en sorg vir ´n baie rustelose nag. ´n ... Interessante eerste ondervinding met ´n Albergue. Maria merk op dat die voordeel van hierdie akkommodasie is dat mens alles kry wat jy eintlik nodig het ... maar jy boet in op privaatheid.
Hoe belangrik is mens se privaatheid. Ons sal sekerlik nog beproef word op die pad.
No comments:
Post a Comment