2 dae in Santander oorgebly.....mooi plek, aan die see........die Alberge oorgeneem, skoongemaak, geskrop, kos gemaak en was sommer aan diens om die nuwe pelgrims in te skryf en te orienteer. Nou weer voorwaarts mars....Leonie, ons fisio-vriendin het ons vanuit Windhoek behandel, baie effektief, en Susa moes sommer in dieselfde tyd n Spaanse arts besoek vir n 2de blaasinfeksie. Goeie tydberekening, en hoop ons is nou fiks en fit vir die volgende 600km!!
Aantekening: dikwels is die geselskap langs die pad die momente wat ons sal onthou ... eerder as belangrike katedrale en historiese gebeure ...
No comments:
Post a Comment