Dis soos mens lyk op die voorlaaste stapdag na Santiago. Hier het Maria in Salceda halt geroep. Ek het gaan soek na 'n kafee daar naby sodat ons eers die innerlike kan versterk voor ons slaapplek soek.
Oppad het ons 'n klein kapel gekry wat oop is. Ek het kersies opgesteek vir almal wat aan ons gedink en ons met hulle boodskappe, liefde en gebede ondersteun het.
Hierdie pelgrimsteken het 'n baie funky (vroulike!) stappertjie op. Ja ... mens moet geslagssensitief ook wees!
Dit was wonderlik om die eerste verkeersborde te sien wat wys ons is naby Santiago.
Net soos by Oviedo, was daar oppad na Santiago hierdie voorstelling van die skulp wat die pad aanwys.
Ons was baie bewus dat ons lang staptog besig is om af te loop. Ons het vir oulaas die pragtige landelike omgewing geniet.
Hoe lyk ons? Nie te sleg vir stappers met byna 800 km agter die blad nie, of hoe!
Die wind het hierdie gras laat huppel soos in Toon van den Heever se In die Hoeveld.
Nog 'n kansie gekry om suikerklontjies uit te deel.
Van laaste dorpies wat ons deurstap voor ons by Santiago aankom.
Ons tref hierdie beeld met die woorde: SANTIAGO by die begin van die stad.
Jy word verwelkom met vlaggies vanoor die hele wereld. Nee, daar is nie 'n Namibiese vlaggie nie. Sal dit moet aanspreek!
Selfs skulpe teen die muur.
Hierdie embleem staan net voor die geboue van Santiago begin.
Santiago se strate.
Daar speel deurentyd doedelmusiek by die katedraal. Musiek wat uitgeputte pelgrims begroet wanneer hulle daar aangehobbel kom.
Mens kan rondom die indrukwekkende katedraal stap en aan elke kant getref word deur die fyn beeldwerk.
Hierdie kerkie van San Fructuosa staan oorkant die Santiago katedraal. Die 4 beelde bo-op versinnebeeld volgens my gidsboekie: ... the Virtues: Prudence, Justice, Strength and Temperance.
Hier het ons gestaan en gekyk hoe die son ondergaan. Ons Camino was verby ...
Maar ons kon die pragtige paadjie sien wat ons besluit het om ook aan te pak oppad na Finisterre. Dit is 'n volgende hoofstuk. Ons wou net vir een dag rus en tot verhaal kom.
No comments:
Post a Comment