Hierdie padwyser is die heel eerste ene wat ons gekry het in San Sebastian. Kyk net daardie stapstokke ... en die vars stappers in die volgende foto.
Hierdie bord het ons laat besef dat ons 'n lang pad voor ons het!
Soms was die houtborde wat afstand wys 'n aanmoediging ...
en soms het die besef dat daar nog ure se stap voor ons uitstrek sy eie eise gestel!
Sommige aanwysings was ietwat onkonvensioneel.
Ek het 'n vriendin gevra om vir my en Maria elk so 'n hangertjie te maak met Camino-skulpies. Baie pelgrims het skulpe op hulle rugsakke uitgestal ... maar nie so mooi soos ons s'n nie!
Lekker Albergue hierdie!
Hierdie pragtige keramiekteeltjie het ons dikwels teegekom.
Nou en dan kon ons darem op openbare paaie sien of ons nog in die regte rigting loop!
Daar was ook soms ander soort borde wat inligting oor 'n spesifieke punt of omgewing verskaf het.
Hierdie bordjie was nie net 'n aanwyser nie, dit was ook 'n versiering teen 'n privaathuis.
Hierdie vrolike bord het ons raakgeloop met 'n uitnodiging om koffie, tee en stempels te kom kry in ruil vir 'n glimlag! 'n Vriendelike kunstenaarsvroutjie het 'n paar meter verder ons ingewag ...
Hierdie tekens is redelik prominent in die dorpe en stede opgerig.
Ons harte het vinnig geklop toe ons uiteindelik die naam: Santiago op die openbare paaie begin gewaar. Die einde van ons Camino was in sig.
No comments:
Post a Comment