Hier staan ons drie stappers voor die Paradores waar ons tuisgegaan het in Santiago ... Tanya het vir ons bespreek. Oudste, lieflikste blyplek: elke hoekie en draaitjie soos 'n kunsmuseum. Ons is egter reg vir die stap na die mees westelike punt van Europa ...
Deur ou, ou parke met oerbome ...
En vir kilometers nog die katedraal van Santiago as baken van waar ons vandaan kom.
Langs die pad - klein dorpies en interessante beelde ...
en 'n roete wat ons op grondpaaie
en deur groen plantetonnels lei.
Die drieman/vrouskap.
Dikwels langs die pad sulke klein heilige plekkies waar gestorwe geliefdes vereer word.
Dit is nie ge'pose' nie! Uit soos 'n kers.
Ongelooflik om hierdie soort trip met lief vriendinne te kan doen. 'n Voorreg.
Interessante geboue langs die pad ...
Gereed vir die dag ...
Stap langs massas van hierdie geel bosse
Slaap oor by hierdie kusdorpie.
Sonmeisie en sonblomme ... maar die son skyn nie. Ons raak bekommerd, want die idee is eintlik om te sien hoe die son ondergaan in die see by Finisterre.
Die enigste rede waarom ons hierdie foto kon neem, is omdat ek 'n waterdigte kamera het!
Ons het gelukkig versnaperinge terwyl ons wag vir ons sleutel by selfsorgakkommodasie.
En soos ons gevrees het, stap ons in misreen na die punt wat in die outyd as die einde van die wereld beskou is. Aai ... ons wou so graag gesien het hoe die son in die see verdwyn. Hier beur Tanya saam met die beeld van die pelgrim teen die elemente!
Met die aanvang van my en Maria se staptog, het ons die Santiago, 800 km bordjie gesien. Hier is die einde van 'n lang, lang reis.
Windverwaaid, moeg ... tevrede ... Mission accomplished.
Die eindpunt. Branders wat breek teen ruwe rotse ...
Hierdie enkel, eensame bronsstewel ... sinnebeeld van die stapper ... die pelgrim wat sy pad voltooi; sy reis voleindig het.