18 Maart 2013
Ek lees: A large volume of adventures may be grasped within this little span of life, by him who interests his heart in everything. Laurence Sterne.
Is dit nie wat mens moet nastreef nie? 'n Droom, 'n doel, 'n avontuur ... as jy dit so wil noem. Ek glo mens moet altyd 'n droom koester. Iets waarna jy kan uitsien.
Ek vlieg oor 10 dae.
So het 4 jaar, 10 dae geword.
My rugsak is gepak. My diere is georganiseer. Iemand gaan in my huis bly. Iemand gaan my studente hanteer. Ek is reg. Dit is nou net die tyd wat verby moet tik. Iets in my rem terug ... want ek weet as hierdie reis begin, is dit binne 'n oogwink verby.